Oud-Oeigoerse alfabet

Oud-Oeigoerse alfabet

Soort skryfstelsel Abjad/alfabet
Taal Oeigoers
Tydperk ca.700's – 1800's n.C.
Voorloper Sogdiese alfabet
Rigting Bo-onder
Nota Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
    Skryfstelsels    

      Abjad
      Abugida
      Alfabet
      Lettergreepskrif
      Logografies
      Kenmerk-alfabet
      Snelskrif
      Alternatief

Die Oud-Oeigoerse alfabet is gebruik vir die skryf van Oud-Oeigoers, ’n variant van Oud-Turks wat ’n voorloper was van moderne Oeigoers. Dit is in die Tarim-kom (die hedendaagse Xinjiang-streek) in Wes-China gepraat. Die term "Oeigoers" wat vir die alfabet gebruik word, is misleidend aangesien die Oeigoere van Mongolië die Oud-Turkse rune-skrif gebruik het en eers die plaaslike taal en skrif aangeneem het toe hulle ná 840 na die Tarim-kom gemigreer het.[1]

  1. Sinor, D. (1998), "Chapter 13 – Language situation and scripts", in Asimov, M.S., History of Civilisations of Central Asia, 4 part II, UNESCO Publishing, pp. 333, ISBN 81-208-1596-3 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search